top of page
80-PLUS
BUSINESS DEVELOPMENTS INTERNATIONAL
TRAINING CENTRE est. 1994

BASIESE VOEDING.

Waarom is ek moeg en uitgeput?

Elke mens se liggaam bestaan uit biljoene selle waarvan elkeen 'n lewens-eenheid in eie reg is.

Elkeen van hierdie selle het 'n beperkte lewensduur en besit die vermoë om homself te vervang deur seldeling na 'n geprogrammeerde tydsverloop.

Elke sel kan geprogrammeer word om te ontwikkel en 'n nuwe mens te vorm.

Elke sel het 'n selkern (rooiselle uitgesonder) wat die DNS stringe met gene bevat.

Die samestelling van die gene programmeer die sel om 'n spesifieke funksie te vervul vir 'n bepaalde tydsduur.

Een sel kan byvoorbeeld geprogrammeer word om selle te vorm wat verskillende funksies vervul en sodoende 'n nuwe mens te vorm. (Kloning).

Hierdie selle met verskillende funksies vorm groepe met dieselfde funksie (organe), bv niere, hart, spysvertering-stelsel, lewer, brein en senuwees, vel, spiere, ens.

Elke sel word omsluit deur 'n selmembraan wat o.a. uit drie essensiële vetsure bestaan. (Arachidoonsuur, linoleinsuur en linoleniensuur).

Die vetsure word essensieel genoem omdat die liggaam dit nie kan vervaardig nie en moet uit die dieët verkry word.

Moderne voedsel-verwerkingstegnieke verwyder hierdie vetsure omdat dit die rakleeftyd van die voedsel wat dit behoort te bevat, verkort. (Byvoorbeeld brood, verwerkte graankosse, ens.)

Die gevolg is dat baie mense 'n tekort het van hierdie vetsure.

Aangesien elke sel in die liggaam 'n lewens-eenheid (fabriek) is, het dit voeding nodig om aan die lewe te bly.

Dit is ook nodig om effektief van die afvalstowwe wat ontstaan tydens die verwerking van die voedsel, ontslae te raak.

Elke sel word omring deur 'n vloeistof (plasma) en is baie naby aan 'n klein bloedvat (haarvat).

Die transport van voedingstowwe in die liggaam is uiters effektief en binne sekondes nadat 'n voedingstof in die bloedstroom opgeneem is, is dit beskikbaar aan al die selle van die liggaam.

Die voeding van die sel beweeg uit die bloedvat, deur die plasma, deur die selmembraan in die sel in.

Afvalstowwe beweeg deur die selmembraan, deur die plasma na die bloedvat.

Hierdie beweging van stowwe in en uit die sel word streng beheer deur die selmembraan.

Indien 'n sel 'n spesifieke stof sou benodig (bv. Vitamien B6) sal die selmembraan 'n chemiese reaksie begin (m.a.w. 'n bestelling uitreik) wat die vit B6 sal deurlaat in die presiese hoeveelheid wat nodig is. Die sel sal nooit oorspoel word met enige stof wat nie benodig word nie.

Op dieselfde wyse sal die selmembraan afvalstowwe uitwerp wat gevorm het en nie meer benodig word nie.

Indien daar 'n tekort of 'n wanbalans in die liggaam sou ontstaan van een of meer van die essensiële vetsure, dan affekteer dit die werking van die selmembraan en kan sekere noodsaaklike voedingstowwe nie deur die membraan beweeg nie (die chemiese reaksie of bestelling) kan nie plaasvind nie en die sel word siek of kan selfs doodgaan. Die afvalstowwe kan ook nie effektief die sel verlaat nie.

Jou liggaam wat hierdie selle bevat word afgemat of selfs siek. (Ek is moeg en siek).

Indien jy 'n tekort aan een of meer essensiële vetsure in die dieet het (meeste mense het) kan jy soveel vitamines en aanvullings neem as wat jy wil en dit sal eenvoudig nie deur die selle gebruik word nie. Dit is dus noodsaaklik om eers hierdie tekort van essensiële vetsure reg te stel.

Die enigste produk op die mark wat al drie essensiële vetsure met al die natuurlike vitamines en minerale wat die liggaam benodig in een produk bevat is FORMULA IV of FORMULA IV PLUS.

GNLD noem dit Tre-en-en (drie in een). Tre-en-en is ook as aparte produk beskikbaar.

 Wat is kanker? Waarom kry mense dit?

Kanker is die onbeheerde verdeling van liggaamselle in 'n orgaan. Dit vorm 'n gewas wat normale liggaamselle

in hul omgewing verdring en vernietig. Wat veroorsaak kanker?

 

1. Vry radikale.

Daar vind 'n reeks chemiese reaksies binne elke sel van die liggaam plaas tydens die verbranding (oksidasie) van glukose. (Krebs siklus). Die netto reaksie van al hierdie reaksies is die volgende:

Glukose + suurstof (O2) >>> Koolsuurgas (CO2) + water (H2O) + energie + vry radikale.

Die meeste vry radikale wat in die liggaam voorkom kom van hierdie reaksie af.

Die vry radikale wat tydens die reaksie vrykom is 'n afvalstof wat gebind en uit die sel verwyder moet word.

Hierdie vry radikale is of  vry suurstof ione of peroksied ione wat 'n lading het. Hierdie vry radikale kan die selkern binnedring en die DNS stringe en gene beskadig deur die vette waaruit die DNS bestaan te oksideer. Dit kan lei tot verandering van die eienskappe van die sel en kan selfs sy funksie verander. Dikwels word die DNS so beskadig dat die sel sy vermoë om seldeling te beheer verloor. Die sel produseer nou miljoene selle wat elkeen die vermoë om sy seldeling te beheer, verloor het. 'n Kanker gewas (karsinoom) ontstaan wat uit selle bestaan wat hul oorspronklike funksie verloor het en die normale selle verdring. Kanker kan in enige sel van die liggaam ontstaan. Aangesien hierdie vry radikale oksidante is word hulle gebind deur anti-oksidante. Die liggaam is nie in staat om anti-oksidante te vervaardig nie en moet dit dus uit die dieët verkry. Hoe aktiewer ons is, hoe meer glukose word verbrand en hoe meer vry radikale word deur ons selle geproduseer. (Ons breinselle produseer groot hoeveelhede vry radikale want hierdie selle is altyd aktief). Dit is dus noodsaaklik om soveel moontlik anti-oksidante in te neem. (Dit is wys om 'n groot verskeidenheid in te neem ipv net een.) Daar is drie hoof groepe anti-oksidante wat in die natuur voorkom - die anti-oksidante wat in die geel en oranje groentes (karotenoiëde) voorkom wat hoofsaaklik in die vetterige gedeeltes van die liggaam werksaam is (bv. selmembraan), die wat in die pers groentes voorkom (flavonoide) en die wat in groen groentes (kool, brusselse sprietjies, ens) voorkom en hoofsaaklik in die waterige gedeeltes van die liggaam werksaam is. (Tussenweefsel vloeistof, limf, bloed, ens). GNLD se produkte is CAROTENOID COMPLEX (geel), FLAVONOID COMPLEX (pers) en CRUCIFEROUS PLUS (groen). Hierdie produkte bevat komplekse van anti-oksidante soos dit in die natuur voorkom.

 

2. Gifstowwe.

Om te verhoed dat insekte die groente en vrugte van die boere beskadig word die plante met gifstowwe bespuit wat meesal kanker-vormende chemikalieë is. Hierdie chemikalieë word deur die plante geabsorbeer en kom voor in die groente en vrugte wat ons eet. Dit kan nie verwyder word deur die groente en vrugte te was nie.

Hierdie chemikalieë wat op die lande gespuit word, spoel af tydens reën en kom in onder-aardse water en in ons riviere - sodoende kom dit in ons drinkwater. Munisipaliteite voeg chloor (wat ook kanker-vormend is) by om bakterieë in die water dood te maak maar hulle haal nie die gifstowwe uit nie. Ons water bestaan dus uit 'n mengsel van opgeloste gifstowwe en bakterie-lyke. Dit is wys om 'n doeltreffende waterfilter te installeer.

Lugbesoedeling veroorsaak dat die lug wat ons inasem bestaan uit 'n mengsel van kanker-vormende gifstowwe, rook, swamme, bakterieë en virusse.

 

3. Swamme, Bakterieë en virusse.

Infeksies deur bogenoemde organismes kan selle se DNS op dieselfde manier beskadig as wat vry radikale dit doen. Chroniese infeksies kan lei tot kanker van die ge-infekteerde selle. Produkte wat goeie beskerming bied teen infeksies is CAROTENOID COMPLEX wat jou weerstand teen infeksie binne 20 dae met 37% verhoog.

 

4. Son.

Oormatige blootstelling van die vel aan die son lei tot skade aan die DNS van die selle van die vel. Dit verander die funksie van hierdie selle en harde groeisels (keratose) wat die begin van velkanker is, word gevorm. Skade diep in die vel kan lei tot melanome wat 'n dodelike vorm van velkanker is.

 

Hoe kan ek myself verdedig teen hierdie aanslag?

Uit bogenoemde is dit dus baie duidelik dat ons in 'n baie vyandige omgewing woon! Dit veroorsaak dat baie van ons sneuwel sonder dat ons ooit die vyand gesien het. Ons grootste vyand is waarskynlik die aanhoudende produksie van vry radikale in ons selle tydens die verbranding van glukose. Dit is baie belangrik om 'n groot verskeidenheid anti-oksidante elke dag te neem om hierdie vry radikale te bind en uit te skei. Groente en vrugte bevat 'n groot verskeidenheid anti-oksidante wanneer dit vars gepluk is. Namate die groente en vrugte verouder word al die anti-oksidante opgebruik deur vry radikale wat in die groente teenwoordig is. 'n Ander probleem met groente en vrugte is dat dit kanker-vormende gifstowwe bevat. Meeste anti-oksidante op die mark bevat een of slegs 'n paar anti-oksidante. Dit is nie raadsaam om goedkoop sintetiese anti-oksidante (bv. Askorbiensuur) te neem nie aangesien dit swak ge-absorbeer word en nier en lewerskade kan veroorsaak. Aangesien daar soveel vry radikale gevorm word in die selle is dit belangrik dat ons 'n groot verskeidenheid anti-oksidante inneem vir doeltreffende beskerming.  CAROTENOID COMPLEX van GNLD bevat 'n verskeidenheid van meer as 600 anti-oksidante uit verskillende groente soorte. (sonder die gifstowwe). Ander produkte wat groot hoeveelhede  anti-oksidante bevat is CRUCIFEROUS PLUS en FLAVONOID COMPLEX.

Wat is 'n hartaanval? Wat is 'n beroerte? Wat veroorsaak dit?

'n Hartaanval word veroorsaak deur die verstopping of afsluiting van 'n hartslagaar wat die hartspier of deel van die hartspier voorsien. Dit het die gevolg dat die spier doodgaan. Indien slegs 'n gedeelte van die hartspier doodgaan kan die hartaanval oorleef word. Beroerte is die afsluiting van 'n slagaar wat 'n gedeelte van die brein voorsien sodat daardie gedeelte doodgaan. Die simptome kan gesien word in daardie deel van die liggaam wat deur die gedeelte wat dood is voorsien was. Gewoonlik verlamming of duiseligheid.

Wat veroorsaak dit?

Vry radikale kom ook in die bloed voor. Aangesien 'n vry radikaal 'n lading het, sal dit baie maklik die onversadigde LDL cholesterol in die bloed oksideer. Die ge-oksideerde LDL is klewerig en klou aan die wande van are en slagare vas. Dit veroorsaak plaakvorming daar as gevolg van neerlegging van kalsium daarop. Dit vernou ook die opening van die slagaar of aar. Wanneer kalsium daarop neergelê word, word die oppervlak skurf. Skurwe oppervlakke in bloedvate veroorsaak stolling of klont-vorming op daardie plekke. As gevolg van die vernouing van die opening op hierdie plekke, styg die druk daar. Hierdie stygende druk kan veroorsaak dat van die klonte wat daar gevorm het losbreek en saam met die bloedstroom gevoer word. Aangesien slagare (wat die liggaam van bloed voorsien) vertak en nouer word, kan die klont in 'n kleiner slagaar vassteek en dit totaal verstop. Die bloedvoorsiening van die weefsels wat die kleiner slagaar voorsien word nou totaal afgesny en die weefsel gaan dood. Indien die verstopping in die hart plaasvind volg 'n hartaanval en as dit in die brein plaasvind 'n beroerte.

Aangesien meeste mense sterf van kanker, hartaanvalle en beroertes is dit 'n skokkende bewys dat meeste mense se dieët ver te min anti-oksidante bevat. Hierdie drie dodelike siektes het in die meeste gevalle dieselfde oorsaak - vry radikale.

Waarom het ek rug, nek en heup probleme? Wat is osteo-porose?

Osteo-porose is die ontkalking van kraakbeen en been met die gevolg dat dit bros word en maklik breek.

Waarom gebeur dit?

Kalsium is waarskynlik die belangrikste element in die liggaam aangesien kalsium se hooffunksie in die

liggaam is om die oordrag van senuwee impulse in die brein en in die liggaam te laat plaasvind. Elke sel in die

liggaam het 'n kalsium pomp wat in samewerking met natrium, boodskappe in en uit die selle laat vloei.

Indien daar 'n tekort aan kalsium sou wees word die boodskappe nie oorgedra nie en dit veroorsaak ineenstorting van die senuwee stelsel en spierverlamming. Verlamming van die hartspier en asemhaling spiere veroorsaak onmiddelike dood.

Aangesien kalsium so 'n belangrike element in die liggaam is, word die bloedkonsentrasie van kalsium konstant gehou op tussen 9 en 10 mg per 100 ml bloed. Hierdie beheer word uitgeoefen deur die paratiroied hormoon en kalsitonien. Indien die kalsiumvlakke te laag daal word paratiroied hormoon afgeskei wat dit laat styg. Hierdie kalsium word verkry of uit die spysverteringstelsel of vanaf die bene.

Indien die kalsiumvlakke in die bloed te hoog word, sal afskeiding van kalsitonien deur die tiroiedklier dit laat daal deur die oortollige kalsium uit te skei.

Indien daar onvoldoende kalsium in die bloed of in die spysverteringskanaal teenwoordig is, sal die

paratiroiedhormoon eenvoudig kraakbeen of been ontkalk en die kalsium daaruit verkry om die bloedkonsentrasie na normaal terug te bring.

Hierdie ontkalking van bene vind eweredig plaas uit al die bene en kraakbeen van die liggaam. Wanneer die

kalsium in die kraakbeen kussinkies tussen die werwels te min word, verswak dit en die gewig van die liggaam

druk dit inmekaar. Die werwelkolom word korter en die senuwees word platgedruk. Dit veroorsaak

ernstige rug en nekpyn. Aangesien dames se bekkenbeen swakker is as die van mans, kan die been breek onder

die liggaamsgewig. (Sy breek haar heup en val).

Waarom het ek nie genoeg kalsium in my liggaam nie?

Kalsium kom orals in die natuur voor. Kalsium word egter swak uit die dermkanaal geabsorbeer. Slegs 10%

van die totale kalsium word gemiddeld in die regte vorm (gebind aan 'n aminosuur) geabsorbeer uit ons dieët. (Natuurlike dolomiet bevat lood, strignien, arseen en ander gifstowwe en word slegs 2% geabsorbeer. Melk word die beste, 40% geabsorbeer, maar gaan gepaard met die inname van te veel vet).

Navorsing het gevind dat ons nie minder as 1200mg kalsium per dag moet inneem nie.

Dit is gevind dat die gemiddelde kalsium inname van die bevolking tussen 300 en 400 mg per dag is.

 

Absorpsie van kalsium.

Ongeveer 10% van die kalsium in die dermkanaal word gebind aan 'n aminosuur (proteiën) indien al die faktore daarvoor teenwoordig is. Hierdie binding aan 'n aminosuur vind in die duodenum plaas (20 cm lang derm net na die maag).

Kalsium word in die dunderm geabsorbeer in twee vorme: (a) gebind aan 'n aminosuur en (b) vry kalsium.

Die kalsium wat aan die aminosuur gebind is kan in die bene gestoor word, terwyl die vry kalsium gebruik word

om die kalsium konsentrasie van die bloed te reguleer. As daar te veel vry kalsium in die bloed teenwoordig is,

word dit uitgeskei deur die niere aangesien dit nie gestoor kan word nie. (Oormatige vry kalsium in die bloed

kan nierstene veroorsaak tydens uitskeiding). Dit is dus belangrik dat soveel as moontlik van die kalsium in

die dieët aan 'n aminosuur gebind moet word sodat ons die kalsium verlies in die bene kan aanvul.

 

Faktore vir binding aan 'n aminosuur.

1.  Voldoende kalsium in dieët.

2.  Voldoende estrogeen of testosteroon in die liggaam. (na menopouse verloor dames meeste van hul estrogeen).

3.  Vet in die dieët. (Baie min is nodig).

4.  Proteiën (aminosure) in die dieët.

5.  Suur omgewing in duodenum.

6.  Vitamien D.

Indien enige van hierdie faktore weg is, vind aminosuur-binding nie plaas nie. Bv. aanhoudende gebruik van

'n teensuur wat lei tot alkalinisering van die duodenum. Ouer persone het dus 'n baie groot probleem om

voldoende kalsium wat aan 'n aminosuur gebind is te absorbeer aangesien die vel nie meer vitamien D

produseer tydens son blootstelling nie, hulle meestal chroniese sooibrand het, en hulle hormoonvlakke het

reeds te laag gedaal. Is daar 'n oplossing?

Neem 'n kalsium-aanvulling wat reeds aan 'n aminosuur gebind is!

GNLD se CALMAG MET VITAMIEN D is aan 'n aminosuur gebind en word 83% in hierdie vorm geabsorbeer.

Drie tablette per dag voorsien voldoende kalsium om osteoporose te stop.

Hoe kan ek veroudering teenwerk?

Veroudering vind plaas as gevolg van die aanslae van die omgewing op jou liggaam soos oormatige blootstelling aan die son, infeksies (bakterieë, virusse, swamme, parasiete), allergieë (omgewing en voedsel), ongebalanseerde dieet (te veel omega-6 vette), tekorte aan die regte voedingfaktore in jou dieët (kalsium is 'n algemene probleem agv swak absorbsie en lei tot osteoporose), gifstowwe in water en voedsel, stagnasie van die liggaam agv te min oefening, ongelukke, stres faktore (bekommernis), genetiese foute en afwykings, ens.

Ons voeding bevat nie meer die voedingsfaktore wat dit behoort te bevat nie as gevolg van prosessering van voedsels om die rakleeftyd

daarvan te verleng, (bv. die verwydering van essensiële vetsure uit graankosse, byvoeging van preserveermiddels, ens.)

Aangesien baie groenteboere nie meer organiese bemesting gebruik nie word belangrike minerale uitgeput en gevolglik bevat die groente en vrugte dit nie meer nie.

Groente en vrugte wat langer as 'n week gelede gepluk is verloor hulle anti-oksidante agv oksidasie deur suurstof in die lug.

Meeste vrugte op die mark is groen gepluk voordat die vitamines wat dit behoort te bevat gevorm is.

Die liggaam kan nie vitamines vervaardig nie en as dit nie in die dieët ingeneem word nie, kom dit daarsonder klaar. Dit veroorsaak dat belangrike reaksies in die liggaam nie kan plaasvind nie wat weer lei tot swak liggaamselle. Die gevolg is vinniger veroudering.

Dit is belangrik om nie goedkoop sintetiese vitamines te neem om die tekorte aan te vul nie, aangesien dit swak geabsorbeer word en nier en lewerskade kan veroorsaak.

Vetsug (oorgewig) is 'n belangrike faktor in veroudering. Jy mag blinkvet en gesond lyk, maar die skade wat dit aan die aar en slagaar wande (aanpakking en verstopping) veroorsaak lei tot beroertes en hartaanvalle. Dit plaas ook 'n groot las op die spysverteringstelsel (bv. die pankreas en eilande van Langerhans wat insulien vervaardig), en die hart en bloedvatstelsel wat nou baie harder moet werk om al die vetselle te onderhou. Dit lei tot slegte spysvertering en suikersiekte (diabetes).

Namate die liggaam verouder, verloor dit geleidelik die vermoë om voeding te verteer en die aminosure, vitamines en minerale wat daarin voorkom te absorbeer. Die vel verloor sy vermoë om vitamien D te vervaardig wat belangrik is in die metabolisme van kalsium. Die hormoonstelsel wat ook 'n belangrike rol in kalsium absorbsie speel word swakker en verloor sy funksie. (estrogeen en testosteroon).

Dit is moontlik om die verouderingsproses te vertraag deur veranderinge in jou leefstyl aan te bring.

Die eerste stap is om oormatige blootstelling aan die die son te vermy om sodoende die risiko van velkanker te verminder. Velkanker kan versprei na ander organe in die liggaam.

Neem natuurlike antioksidante as aanvulling vir die dieët (CAROTENOID COMPLEX, FLAVONOID COMPLEX, CRUCIFEROUS PLUS). Dit beskerm jou teen vry radikale wat gedurig in die selle gevorm word asook sal dit jou weerstand teen infeksies en allergieë met 37% verhoog. Sorg dat 80% van jou bord kos groente en vrugte is en 20% wit vleis of vis. Neem 'n gebalanseerde proteiën-vitamien aanvulling wat al 22 aminosure bevat wat die liggaam nodig het - verkieslik met ontbyt. (NEOLIFESHAKE OF NUTRISHAKE).

Verminder jou inname van omega-6 vette en neem meer omega-3 olies in. (OMEGA-3 SALMON OIL PLUS). Dit sal die aanpakking en verstopping van jou are en slagare verminder. Dit gee tesame met antioksidante beskerming teen oksidasie van LDL cholesterol in die bloed.

Neem 'n kalsium aanvulling wat veilig is en goed geabsorbeer word (CHELATED CALMAG + VIT D word 83% geabsorbeer.)

Neem 'n aanvulling wat die drie essensiële vetsure wat uit ons voedsel geprosesseer word te vervang (FORMULA IV of FORMULA IV PLUS).

Begin 'n oefenprogram wat minstens 30 minute neem (vinnig stap, draf, joga, dans) en doen dit elke dag.

Deur net bogenoemde te doen sal jy nooit oor jou liggaamsgewig hoef te bekommer nie en jy sal 20 tot 30 kwaliteit gesondheidjare by jou lewe voeg. (Jou ideale liggaamsgewig is die laaste twee syfers van jou lengte in sentimeter).

© by 80-PLUS BUSINESS DEVELOPMENTS TRAINING. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Round
  • Twitter Round
  • YouTube Round
  • Google Round
  • LinkedIn Round
bottom of page