top of page

FORMULA IV is die enigste produk op die mark wat die drie essensiële vetsure (tre-en-en) bevat wat die selmembraan effektief laat funksioneer deur opname van vitamine en uitskeiding van afvalstowwe uit die selle bevorder. Die meeste mense se dieët bevat nie meer die essensiële vetsure in voldoende hoeveelhede nie met die gevolg dat daar probleme ontstaan met die selmembrane se funksionaliteit. Moegheid is een van die eerste simptome.

CAROTENOID COMPLEX bevat meer as 600 natuurlike anti-oksidante wat jou effektiewe beskerming gee teen hartaanvalle, beroertes en kanker. Tydens die verbranding van glukose in die liggaamselle ontstaan vry radikale wat die selkern aanval en die gene op die DNS stringe beskadig. Dit kan lei tot die verskynsel dat die selle hul vermoë verloor om seldeling te beheer en die gevolg is kanker van die orgaan waarin dit voorkom (meestal uitskeidingsorgane). In die bloedstroom oksideer die vry radikale LDL cholesterol wat lei tot verstopping van die bloedvate (hartaanvalle en beroertes). Neem een driemaal per dag.

CALMAG MET VITAMIEN D is 'n kalsium en magnesium samestelling met vitamien D gekoppel aan 'n aminosuur wat die absorpsie van kalsium na 83% verhoog. (vergelyk dolomiet 2%, Calcium Sandoz Forte 16% en melk 40%). Die kalsium in die tablet word uit eierdoppe verkry en is dus suiwer. Dolomiet bevat oa lood, strignien en arseen. Die minimum daaglikse benodigheid van kalsium is 1200 mg. Die meeste mense kry nie meer as 400 mg kalsium per dag uit hul dieët nie. Die liggaam hou die kalsium-konsentrasie van die bloed konstant op 10mg% aangesien kalsium noodsaaklik is vir senuwee-transmissie. Indien die bloedkonsentrasie sou daal en die dieët bevat nie voldoende kalsium nie, word dit eenvoudig uit die bene geneem. Op die lang duur ontkalk die bene en lei tot osteo-porose. Neem een driemaal per dag.

Indien jy ook artritis met erge gewrigspyn, hoë bloeddruk of hoë cholesterol het....

OMEGA-3 SALMON OIL PLUS bevat natuurlike anti-inflammatoriese middels (EPA, DPA, DHA) in hoë dosisse wat gewrigspyn baie vergemaklik of selfs genees. Ander voordele van Omega-3 is dat dit ook jou bloedvate teen vry radikale beskerm, jou bloeddruk verlaag, jou LDL - HDL cholesterol se balans verander na die veilige kant (meer HDL),

jou beskerm teen kolon kanker en jou breinfunksie verbeter.

FULL MOTION bevat glukosamien wat gewrigs- ontsteking verminder en natuurlike genesing bevorder. Dit verminder pyn, gee meer elastisiteit en beweging aan gewrigte.

Watter persoonlike sorg produkte kan ek gebruik?

Die sjampoe kom in rich of mild. Mild word aanbeveel vir gekleurde hare aangesien dit nie die kleur sal uitwas nie.

Enriching conditioner is 'n baie goeie haar-opknapper wat nie jou haarkleursel sal uithaal nie.

 

PERSONAL CARE CONCENTRATE (PCC) is 'n vloeibare seep wat gebruik kan word as gesigwas seep of stortseep (werk die beste met 'n netspons) en het dieselfde pH as die vel (pH 5.5).

Dit sal dus nie die vel irriteer of uitdroog nie.

ALOE VERA GEL is 'n veeldoelige gel wat uitstekend werk vir brandwonde, insekbyte, uitslag van enige aard en selfs psoriasis. Dit is veilig om te gebruik en bevorder die natuurlike genesing van die vel. Dit is ook antisepties.

SUPER 10 is 'n swaar diens reiniger. Dit word verdun een deel in 10 dele water. Een liter gee dus 11 liter. Prys gewys kos dit ongeveer 1/5 van die prys van soortgelyke skoonmakers in die mark.

En watter huishoudelike produkte?

LDC is 'n veeldoelige skoonmaker wat gebruik kan word om oppervlakke, skottelgoed, vensters, vloere, honde en katte, ens. te was. Dit is sag op die vel en sal nie hande uitdroog nie. Verdun een deel met 5 dele water.

G1 is 'n waspoeier wat nie sout bevat nie en sal dus nie jou wasmasjien korrodeer nie. Dit werk baie goed deur 2 kg G1 te meng met 1 kg OXYGEN BLEACH. Dit is 'n goeie idee om wanneer jy begin jou wasmasjien skoon te maak deur 'n volle siklus leeg (of met ou lappe) te was met G1.

OXYGEN BLEACH sal nie die wasgoed bleik nie, maar slegs die kleure verhelder. Meng 1 kg met 2 kg G1 in 'n houer.

SOFT is 'n wasgoed versagmiddel en slegs een doppievol per was is nodig. Dit gee 'n vars reuk aan wasgoed en maak dit makliker om te stryk. Dit verwyder statiese elektrisiteit van die wasgoed.

  • CARE is 'n doeltreffende ontsmettingsmiddel.

  • Effektiwiteit is bewys volgens SABS 636.

  • Omvattend getoets teen 'n wye reeks mikro-organismes.

  • Geskik vir gebruik in 'n hospitaal en vir huishoudelike gebruik.

  • Is baie effektief teen 'n verdunning van 1 in 60.

 

  • CARPET GLO omvloei en verwyder vuilis en stof uit matte.

  • Sag genoeg om die mat se kleur en voorkoms te verbeter.

  • Dit is anti-staties en word vinnig droog.

  • CARPET GLO is 'n matwasser wat sterk genoeg is om in 'n matwas-masjien te gebruik teen slegs 20 ml per tenk.

WASH 'N WAX  Een doppievol in 10 liter water is genoeg om die hele motor te was. Dit laat nie strepe na afspoeling nie maar is aan te beveel om die motor met 'n lap droog te maak aangesien kalsium in die water strepe kan veroorsaak. Kan ook gebruik word om yskaste en vrieskaste binne en buite te was. Werk ook baie goed om die huis se vensters te was.

80-PLUS
BUSINESS DEVELOPMENTS INTERNATIONAL
TRAINING CENTRE est. 1994

Wat moet ek daagliks gebruik en waarom?

PRODUKTE OPLEIDING.

 

Waarom GNLD se produkte en nie ander aanvullings nie?

 

Deur GNLD se produkte te gebruik is jy verseker dat jy hoë kwaliteit, natuurlike grondstowwe wat in die menslike voedsel-ketting voorkom, inneem. GNLD maak nie gebruik van sintetiese vitamines of aanvullings nie, aangesien sintetiese produkte swak geabsorbeer word en nier en lewerskade kan veroorsaak. Die meeste mense se dieët skiet ver te kort met die inname van die drie essensiële vetsure, anti-oksidante en kalsium. Deur net om jou rond te kyk en te luister na mense se gesondheids-probleme dan sal jy hoor van moegheid, hartaanvalle en beroertes, kanker, osteo-porose en rugprobleme. Al hierdie siektes spruit direk uit tekorte in hul dieët.

© by 80-PLUS BUSINESS DEVELOPMENTS TRAINING. Proudly created with Wix.com

  • Facebook Round
  • Twitter Round
  • YouTube Round
  • Google Round
  • LinkedIn Round
bottom of page